Modulekode | NLB 312 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Module-inhoud | NLB 311 en NLB 312 word as een geïntegreerde module oor ? periode van 21 dae aangebied. Beide modules is gerig op studente in natuurlewebestuur en veeartsenykundige. Hierdie studierigtings bied ? opwindende, praktiese en grondige opvoedkundige ondervinding aan studente en bring hulle tot by die werklikhede op die terrein van natuurlewe in Suid-Afrika. Die opleiding vind tydens ? kampeerekspedisie plaas. Studente kom sodoende op terrein in wisselwerking met natuurlewebioloë, veldwagters, veeartse en navorsers. Dit bied aan hulle ? unieke blik vanuit ? ekologiese asook ? veeartsenykundige perspektief op natuurbewaring se suksesse en probleme. Deelnemers ontmoet en leer ook van pioniers op die gebied van wildvang en kundiges wat daagliks aktief op die vlak van veeartsenykundige natuurlewe betrokke is. Die studente neem aan werklike wildvangste deel. Hulle word ook bewus gemaak van die besondere rol wat veeartse by ? natuurlewe-rehabilitasiesentrums, reptielparke en teling van skaars wildsoorte, vervul. Module-inhoud: • Tegnieke in natuurlewebestuur • Benutting van volhoubare hulpbronne • Ekosisteem- en biodiversiteitbewaring • Oord- en reservaatbestuur • Plaaslike gemeenskapskultuur- en bewaringsperspektiewe in Afrika • Wildvangs en nasorg • Wildsiekte risikobestuur • Bevolkingsdinamika |
Modulekrediete | 4.00 |
Programme |
|
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 6 lesings per week |
Onderrigtaal | Engels |
Akademiese organisasie | Vee- en Wildkunde |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App